Skip to main content

Met blydskap nooi ons jou uit om saam met ons die liefde te vier tussen

CHARLENE & ETDEON

Sluit by ons aan vir ‘n middag vol lag, lekker kos en onvergeetlike herinneringe.

Kom vier in jou mooiste formele drag en los die jeans en sandale by die huis !

Ons vra vriendelik : los asb wit vir die bruid asook geen cream kleure asb.

Dit het begin met een eenvoudige boodskap.
n “Hello”… en skielik was ons wêreld groter.

Wat gevolg het, was ure se gesels tot laat in die nag, oproepe wat tot die oggend geduur het,
en goeiemôre boodskappe wat my hart van vooraf sag gemaak het.

Vir 4 maande lank het ons verlief geraak deur woorde en stemme. Sonder n aanraking. Sonder oë wat mekaar gesien het.

Maar toe die dag kom wat ons mekaar uiteindelik ontmoet het…dit het dit gevoel soos tuiskom.
So asof ons mekaar nog altyd geken het.

11 maande later het die wêreld stil gestaan.
Hy het op een knie gegaan, met liefde (en trane) in sy oë, het hy my gevra om vir altyd syne te wees.

En ek, met ‘n hart vol, het geweet:
Ja.
Vir altyd ja.

VERBLYF OPSIES

HOTEL

Boplaas Landgoed Gasthuis
Koue Bokkeveld
023 317 0040

HOTEL

Houdenbek Gasthuis (SC)
Morester, Koue Bokkeveld
083 661 9912

HOTEL

Gys se huis
Koue Bokkeveld
023 317 0830

Kamp Geriewe

Kamp geriewe beskikbaar op persieel:
R400/plot (6 mense per plot)

As ons teen 15 Dec 2026 nog niks gehoor het nie, aanvaar ons jy en jou metgesel gaan ongelukkig nie kom nie.

Dis ‘n aand net vir die grootmense, geen kinders by die troue asseblief!

 

Password is RSVP

Please enter your first name, last name and passcode to RSVP.

Geskenke

Is daar 'n geskenke lys?

Soos ons ons nuwe lewe saam begin, het ons besluit om te spaar vir ons wittebrood. As jy graag 'n geskenk wil gee, sal ons dankbaar wees vir 'n bydrae na hierdie mylpaal.

  • As jy ‘n kontant bydrae wil maak, daar sal ‘n boksie vir kaartjies wees.
  • As jy verkies om eerder ‘n EFT bydrae te maak:
  • ABSA:
    Account holder name: Etdeon Greyvenstein
    Account number: 4123091912
    Branch code: 632005
    Account type: CHEQUES

    Ons kan nie wag om hierdie spesiale dag saam met jou deur te bring nie, tot dan Charlene Botha & Etdeon Greyvenstein

    #GeGreyvenstein 

    #GeGreyvenstein 

    #GeGreyvenstein 

    #GeGreyvenstein 

    #GeGreyvenstein 

    #GeGreyvenstein